KWAZULU-NATAL. – ‘n Bejaarde vrou (65) is Maandag tydens ‘n huisroof in Falconsingel in Dawncrest gewurg.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die operasiesentrum is vir hulp ontbied. Met aankoms op die toneel is vasgestel insittendes van ‘n silwerkleurige Suzuki het oor ‘n muur gespring, ‘n werker oorval en die huis binnegedring. Waardevolle items is glo geëis terwyl die huiseienaar deur die gewapende verdagtes gewurg is.
Die huis is geplunder, waarna die verdagtes hulle met ‘n televisie, skootrekenaar en selfoon uit die voete gemaak het.
Rusa het noodhulp op die beseerde slagoffer toegepas.





