Bejaarde tydens huisroof op kleinhoewe beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Bejaarde man (78) is Woensdag 30 April omstreeks 04:00 op ‘n kleinhoewe in Leerkrans, Upington, aangerand en beroof.

Kol. Cherelle Ehlers het aan Nuusflits bevestig die Upington-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof. Twee verdagtes het die huis betree en die slagoffer oorval. Hy is met ‘n sekel geslaan en het volgens Ehlers geringe beserings opgedoen. Die verdagtes het met huishoudelike items en ander besittings gevlug.

Nog geen arrestasies is gemaak nie, terwyl die ondersoek voortduur. Die polisie vra enigiemand met relevante inligting oor die misdaad om na vore te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief