Bejaarde veiligheidswag vermoor tydens rooftog op kleinhoewe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ‘n 79-jarige veiligheidswag is Maandagoggend op ‘n plot by Berlin Farm vasgebind en dood aangetref. Die Letsitele-polisiekantoor ondersoek ‘n saak van moord en sakeroof.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het die polisie omstreeks 09:30 ‘n klagte ontvang. Met hul aankoms is die veiligheidswag se liggaam op die grond aangetref. Sy hande en voete was met wit kabelbinders vasgebind. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar. Volgens voorlopige ondersoek is ‘n dieselkragopwekker ter waarde van sowat R56 000 van die perseel gesteel. Die kragopwekker was met ‘n ketting en hangslot aan ‘n paal vasgemaak, maar is vermoedelik met geweld verwyder.

Die polisie is op soek na die verdagtes. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help of tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word gevra om sers. Isaac Raseale by 076 618 0899 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief