NOORD-KAAP. – ‘n Vrou (76) se onthoofde liggaam is Maandagoggend in haar huis in Chris Hani Park, in Galeshewe, Kimberley, aangetref.
Lt.kol. Sergio Kock sĆŖ die oorledene se liggaam is omstreeks 07:00 deur haar familie ontdek, waarna die polisie ontbied is. Die koplose liggaam van die vrou is op die eetkamervloer gevind.
Kock het aan Nuusflits bevestig ‘n verdagte (35) is Dinsdag omstreeks 19:15 op beskuldiging van die brutale moord deur die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad vir moord en roof in hegtenis geneem. Enigiemand met relevante inligting kan speur. adj.off Patrick Dibebe by 060 861 6893 kontak.