LIMPOPO. – ‘n Bejaarde vrou (78) het Maandag aan haar beserings gesterf nadat sy Vrydag deur haar eie vier honde aangeval is. Die insident het by Hoërskool Praktiseer Leolo se werkershuise plaasgevind.
Volgens kol. Malesela Ledwaba het die honde Vrydag ‘n manlike besoeker aangeval. Die bejaarde vrou het tussenbeide getree en bytwonde aan haar onderlyf opgedoen. Haar dogter het haar te hulp gesnel en die honde het haar gelos.
Die bejaarde vrou is eers Maandag vir mediese hulp na ‘n plaaslike hospitaal geneem, waar sy aan haar beserings gesterf het.
Die Tubatse-polisie naby Burgersfort is ingelig en ‘n geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





