Bejaarde wat met hond stap deur krokodil gebyt

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

FLORIDA, VSA. – Del Boppel (84) het verlede Donderdag aan die dood ontkom toe sy deur ’n krokodil gebyt is terwyl sy met haar hond in North Fort Myers naby ’n dam in ’n mobiele huispark gestap het. Boppel het vanuit haar hospitaalbed vertel dat sy ’n “onheilspellende gevoel” gehad het en besef het iets gaan gebeur net voordat die krokodil vinnig na haar en haar Shih Tzu beweeg het.

Sy het nie tyd gehad om te beweeg nie, maar het die hond in die lug gegooi om hom te beskerm. Die krokodil het Boppel aan die bene en vingers gebyt voordat sy daarin geslaag het om die reptiel in die gesig te slaan, waarna dit weggevlug het.

‘n Buurvrou het tydens die gebeurtenis haar venster oopgemaak en iets gehoor, waarna sy hulp ontbied het. Die Florida Fish and Wildlife Conservation Commission het aan CNN bevestig die dier, wat na raming sowat 7 voet en 3 duim was, is verwyder.

Boppel is vir mediese hulp na die hospitaal geneem. Dit is tans onbekend hoe dit met haar gaan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App