Bejaardes geskiet en gewond wat band wou ruil

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Daan en Linda Wepener van Modimolle (Nylstroom) is Woensdagaand geskiet en gewond toe hulle langs die pad gestop het om ‘n pap band te ruil.

AO Johan van Dyk sê aan Nuusflits die paar is deur vier aanvallers oorval terwyl hulle onderweg van Pretoria na Modimolle was. Die vrou is in die been en die man in sy maag en ook sy been geskiet.

Die insident het op die N1-hoofweg, naby die Carousel-tolplaza, net voor die Maubane-afrit, gebeur. Toe die paar stop om die pap band om te ruil, het hulle agtergekom hulle het die moersleutel tuis vergeet. Hulle is oorval terwyl hulle vir hulle seun wat daarmee onderweg was, gewag het. Die aanvallers het uit die bosse gekom en op hulle geskiet. Selfone en geld is geëis, waarna die bakkie deursoek is en hulle met selfone en geld die bosse in gevlug het.

Die slagoffers is met ‘n ambulans na Steve Biko Akademiese Hospitaal vervoer.

Misdaadtoneeldeskundiges het die toneel vir leidrade gefynkam. Die Hammanskraal-polisie ondersoek sake van poging tot moord en gewapende roof.

Bronne: SAPD, Facebook en Crime Watch

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief