Bejaardes op plaas aangeval, borg van Malawiërs teengestaan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Vroulike plaaseienaar (74), haar man (76) en hulle dogter (57) is op 1 Februarie op hulle plaas in die Salemgebied aangeval. Die NVG gaan borg vir drie Malawiërs wat vir die misdaad in aanhouding is, teenstaan.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê Benson Musaiwah (35), Alexander Kumaga (24) en Stevien Maldzan (22) het Maandag op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, drie aanklagte van ontvoering en een aanklag van poging tot moord in die Makhanda-landdroshof verskyn. Kumaga en Musaiwah het op die plaas gewerk en Maldzan is hulle makker.

Na bewering het Kumaga die bejaarde vrou geroep en gesê daar is ‘n slang in die hoenderhok. Sy het ondersoek gaan instel en is oorval, waarna haar hande met tou vasgebind is. Maldzan en Musaiwayh het toe glo haar man en dogter aangeval en geld geëis. Die verdagtes het verskeie items, onder andere drie skootrekenaars, ‘n selfoon, ‘n naaldwerkmasjien, ‘n radio, klere en R2 800 kontant gesteel.

Tyali sê Kumaga en Maldzan is op die toneel gearresteer en Musaiwah is die volgende dag, nadat hy deur die bejaarde slagoffer geïdentifiseer is, in hegtenis geneem. Die verdagtes se formele borgaansoek sal op 11 Februarie aangehoor word. ‘n Chichewa-tolk sal ook aangevra word, om te verseker die verdagtes verstaan die hofprosedure.

Kapt. Marius McCarthy sê die verdagtes is vinnig in hegtenis geneem na die aanval Saterdag omstreeks 12:30. Die gesteelde goedere is teruggevind.

Tydens die aanval is die bejaarde vrou glo teruggedwing na die huis toe, waar die man was. Met aankoms van die dogter van die dorp af is sy oorval en beide sy en haar pa is vasgebind.

‘n Makhanda-polisielid is dadelik na die toneel en het onderweg drie verdagtes wat sakke uit die bosse na ‘n wagtende motor aan die kant van die pad dra, opgemerk. Die verdagtes het die polisiebeampte opgemerk en weggehardloop, maar twee is gearresteer en die gesteelde goedere is teruggevind. Die derde verdagte, wat daarin kon slaag om te vlug, is gesoek en Sondag in hegtenis geneem.

McCarthy bevestig, alhoewel die slagoffers nie ernstige beserings opgedoen het nie, is hulle vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief