GAUTENG. – ’n Geval van bek-en-klouseer (FMD) is Maandag, 2 Junie, by Karan Beef se voerkraal in Heidelberg bevestig. Die fasiliteit is reeds Vrydag onder voorsorgkwarantyn geplaas nadat ‘n besmetting vermoedelik geïdentifiseer is.
Karan Beef, verskaffer van beesvleis in SA, sê dié verwikkeling beklemtoon die voortdurende risiko’s wat die lewendehawebedryf in die gesig staar, selfs al word streng beheermaatreëls toegepas. Die maatskappy beklemtoon dat dit steeds aan deursigtigheid en voldoening van die hoogste standaarde van dieregesondheid en- welsyn verbind is.
“Karan Beef werk nou saam met staatsveeartsenydienste om vinnige bekamping van die siekte te verseker en enige verdere risiko vir die breër bedryf tot die minimum te beperk,” het die maatskappy in ’n verklaring gesê.
Verdere opdaterings sal verskaf word soos meer inligting beskikbaar raak.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





