KAAPSTAD. – Elke jaar word Hoërskool Jan van Riebeeck in Kloofstraat omskep in ’n verhoog van glans, kreatiwiteit en gemeenskapsgees wanneer die gewilde JANStyl aangebied word. Sedert 1993 is dit ’n trotse tradisie waar graad 11-leerlinge meeding in afdelings soos ontwerp, modellering, fotografie en openbare spreekkuns. Dit is nie bloot ’n modeparade nie, maar ’n geleentheid waar jongmense hul talente ontdek, selfvertroue bou en hul unieke persoonlikhede uitleef.
Vir die 2025-uitgawe, met die tema “Skaakmat!”, beloof dit weereens ’n aand vol kontras, dramatiese eenvoud en verrassings. En soos altyd, sal die wenners deur ’n indrukwekkende paneel beoordeelaars aangewys word – kenners uit die wêreld van mode, kuns, musiek en fotografie.
Lees ook wie die deelnemers is, hier.
Die span sluit in:
Lulutho Mntonintshi – internasionale model, talentvolle mode fotograaf en -agent.
Chantelle Pretorius – internasionale model met 10 jaar se ondervinding op die loopplank en ook modelagent.
Lara Klawikowski – bekroonde ontwerper wat bekend is vir haar volhoubare, eksperimentele skeppings.
Crystal Birch – ikoniese hoedemaker wat kreatiwiteit en vakmanskap na nuwe hoogtes neem.
Nosipho Matole – met jare se ondervinding as rolverdelingsregisseur in die filmindustrie, het sy onlangs die skuif gemaak na modelagent.
Gavin Mickey Collins – Stilis en kreatiewe direkteur in die film- en advertensiebedryf, medestigter van Diskotekah.
Michael Beaumont Cooper – voormalige mode redakteur van GQ Suid-Afrika en tans ‘n prominente figuur in persoonlike- en mode stilering.
Anzél Rabie – inhoudskepper en mediapersoonlikheid, wat ook ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester en uithouvermoë-atleet is!
Met só ’n indrukwekkende groep beoordelaars beloof JANStyl 2025 om nie net ’n modeparade te wees nie, maar ’n viering van jong talent en professionele mentorskap. Hulle gaan die uitdagende taak hê om die mees inspirerende deelnemers uit te sonder en die volgende gesigte van Jan van Riebeeck se JanStyl te kroon.
📅 Wanneer: Donderdag, 2 Oktober 2025 (nou eerskomende Donderdag)
📍 Waar: Hoërskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat, Kaapstad
🕖 Tyd: 19:00 – 22:00 (etes beskikbaar vanaf 17:30)
🎟️ Kaartjies is beskikbaar via die Karri-toep of by die saaldeure op die aand.
Moenie hierdie aand van glans, kreatiwiteit en styl misloop nie – dit gaan ’n skaakmat van styl en hart wees!







