Brekende Nuus
Afrikaans

Belegger gaan glo help om Mango Lugredery se vlugte te hervat

Foto: Mango Airlines
Foto: Mango Airlines

GAUTENG. – Mango Lugredery kan binnekort sy vlugte hervat nadat ‘n transaksie met ‘n belegger glo in die finale fase is.

Passasiers wat kaartjies of bewyse van waarde het en wat dit weens die lugredery se sake-redding nie gebruik het nie, kan dit by www.flymango.com kontroleer.

Sipho Sono, ‘n sake-reddingspraktisyn, sê in ‘n verklaring op die lugredery se webtuiste dat, indien die transaksie slaag, kliënte vergoed sal word. Slegs kaartjies wat ná 26 Julie 2021 gekoop is, sal kwalifiseer en geen laat voorleggings sal aanvaar word nie.

Die verifikasieportaal het reeds op Woensdag, 4 Junie 2025, geopen. Kontrolering moet voor 1 September 2025 om 23:59 gedoen word.

Mango Lugredery sê hy sal voortgaan om vordering in die proses op sy webwerf en amptelike sosiale media platforms te publiseer.

Lees die volledige verklaring hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]