OOS-KAAP. – Nakane Lizane (4) het op 11 Mei 2023 van sy huis, 1807, Ndlovini, Wells Estate, vermis geraak. Die polisie het ‘n beloning van R50 000 vir die opsporing van die kleuter uitgeloof.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die kleuter is op die betrokke dag, omstreeks 15:45, by die huis afgelaai terwyl sy ma besig was om ete voor te berei. Die kleuter het met sy broer (10) buite gespeel. Toe die ma die kinders inroep, het slegs die 10-jarige seun gekom. Die kleuter was nêrens te vinde nie en is by die Swartkops-polisie as vermis aangemeld.
Soektogte na die kleuter het tot op die hede niks opgelewer nie. Ten tyde van sy verdwyning het hy ‘n ligte denimbroek, T-hemp met ‘n ligte kleur en ‘n swart baadjie aangehad.
Janse van Rensburg sê die beloning geld, maak nie saak in watter omstandighede die kleuter gevind word nie.
Enigiemand wat weet waar die kleuter hom bevind, kan speur.sers. Mluleki Mhlangani by 079 896 7509, speur.konst. Msuthukazi Nkwenkwezi by 082 302 5127 of kapt. Michael Shanagan by 082 779 7292 bel.





