NOORDWES. – Zanele Precious Nkosi (41) is omstreeks 16:30 op 29 Maart 2023 doodgeskiet toe sy haar werkplek in Klopperstraat 167 in Rustenburg in haar swart Mercedes-Benz verlaat het. Die polisie het pas ‘n beloning van R150 000 aangebied vir inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Nkosi, ‘n prokureur, het op die betrokke dag skietwonde aan haar bolyf en kop opgedoen. Die beloning is vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die oortreders.
Enigiemand met inligting kan lt.kol. Patrick Murunwa by 082 772 5991 bel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





