Beloning vir inligting oor vermiste Nababeep-tiener uitgeloof

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Die Noord-Kaapse polisie het ‘n beloning aangebied vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en veroordeling van ‘n skuldige persoon in die soeke na David Waterboer (14) wat sedert 7 Februarie 2025 vermis is.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Cherelle Ehlers, is Waterboer op die betrokke dag, kort voor 11:00, deur sy ma gesien voordat sy werk toe is. Waterboer was op pad na ‘n sportbyeenkoms in Concordia en was in ‘n swart kortbroek, swart T-hemp en donkerblou sandale geklee. Daar is voorheen deur die polisie gesê Waterboer is by die atletiek en die Saterdag voor 07:00 by ‘n busstop opgemerk.

Speurders van die ondersoekeenheid vir provinsiale georganiseerde misdaad, saam met die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe van Springbok, asook die Springbok- en Nababeep-polisie, soek steeds onverpoosd na David. Enigiemand met relevante inligting kan kol. Browers by 082 447 1829 of sers. Mpasa by 083 690 4790 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief