Bemanning van Haaieraad in bootongeluk

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Vyf lede van die KwaZulu-Natalse Haaieraad (Sharks Board) is Vrydagoggend beseer toe hulle op Isipingostrand, suid van Durban, in ‘n bootongeluk was.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê vyf persone het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

“Daar word vermoed die insittendes was op see besig om te oefen toe hul vaartuig omgeslaan en al die insittendes in die water geval het. Almal is gered en is na die wal gebring toe paramedici opgedaag het.”

Jamieson sê alle owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

Lifesaving South Africa sê hulle is verlig nadat al vyf lede van die Haaieraad veilig is en behandeling ontvang het.

“Ons dank gaan uit aan eThekwini-lewensredders, noodpersoneel en almal wat gehelp het met die redding-en-herstelpogings. Die Haaieraad speel ‘n deurslaggewende rol om die veiligheid van ons oseaangebruikers te verseker. Ons is dankbaar vir hul toewyding en verlig dat almal die nodige mediese aandag ontvang.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief