Brekende Nuus
Afrikaans

Benjamin Netanyahu nomineer Trump vir Nobel-vredesprys

Benjamin Netanyahu nomineer Donald Trump vir Nobel Peace Prize

fotokrediet: X
Benjamin Netanyahu nomineer Donald Trump vir Nobel Peace Prize fotokrediet: X

VSA. – Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Maandag vir die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê hy gaan hom vir ’n Nobel-vredesprys nomineer.

Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in

Netanyahu se kantoor het ’n brief vrygestel waarin hy Trump vir die Nobel-prys nomineer vir sy “deurslaggewende rol” in onderhandelings en sy rol in die Abraham-vredesakkoord wat in 2020 tussen Israel en die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein, Marokko en Soedan gesluit is.

In die brief skryf Netanyahu dat Trump “toewyding gewys het om vrede, sekuriteit en stabiliteit in die wêreld bevorder”.

Netanyahu het ook in die brief Trump se betrokkenheid by die Gasa-oorlog en die VSA se aanvalle op Iran se kernaanlegte genoem.

As die Nobel-komitee Trump se nominasie oorweeg, sal dit nie vir hierdie jaar wees nie.

Bronne: DW – South Africa, Sky News, New York Times

Lees ook: Trump stel 30%-handelstarief op SA in