Brekende Nuus
Vermaak

Mila Guy en Bennie Fourie verwag hul tweede seuntjie

Foto: Skermgreep van video-opname Mila Guy

Die akteurspaar, Bennie Fourie en sy vrou, Mila Guy, het op sosiale media bekend gemaak dat ‘n tweede seuntjie vir hulle op pad is.

In die plasing sit Karoo op ‘n swart skopfiets voor ’n bord met ’n sonarfoto met die woorde: “Hier begin ons Broer Toer”, gevolg deur “Karoo en Boeta.” In die video vra Bennie vir Karoo: “Karoo, kry jy ’n boetie of ’n sussie?” Die kleuter antwoord in sy eie babataal voordat hy op sy skopfietsie wegry en die bord met die aankondiging agterlaat.

Die ouers het daarmee op ’n speelse manier onthul dat Karoo ’n boetie gaan kry.

Foto: Mila Guy