Berugte Molotopad eis weer sy tol

Lees ook :

Foto's: Tshwane-nooddienste

GAUTENG. – Die berugte R573-Molotopad in die noordelike buitewyke van Pretoria het sy reputasie gestand gedoen toe ‘n bus met passasiers Woensdagoggend in De Wagensdrift, naby KwaMhlanga, teen ‘n vragmotor gebots het.

Lindsay Mnguni, waarnemende woordvoerder vir Tshwane-nooddienste, sê aan Nuusflits dit is die tweede busongeluk binne drie dae waarheen die departement ontbied is. Brandbestryders van Thembisile Hani- plaaslike munisipaliteit, Rayton, Bronkhorstspruit en Silverton-brandweerstasies is na die toneel ontplooi. Verskeie dienste was op die toneel teenwoordig, insluitende die SAPD, TMPD, Gauteng- en Mpumalanga- provinsiale nooddienste en verskeie ander rolspelers.

Met aankoms op die toneel is beide bestuurders in ‘n kritieke toestand aangetref en ‘n verdere 14 persone het beserings opgedoen. Verskeie dienste het beseerdes na onder andere KwaMhlanga-hospitaal, Netcare Montana-hospitaal en Mamelodi-streekshospitaal vervoer.

Die pad was vir die tydperk van verwydering van die bus en vragmotor, asook vir skoonmaak van olie en diesel op die pad, gesluit.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief