KWAZULU-NATAL. – ‘n Besending van R8 m. kokaïen is deur die Valke in ‘n vragmotor by ‘n industriële park buite Pietermaritzburg gekonfiskeer.
Lt.kol. Simphiwe Mhlongo sê daar is op 20 stene kokaïen beslag gelê. Inligting van ‘n vragmotor wat ‘n besproeiingstrekker vir chemiese gewasse van Durbanhawe na die Vrystaat vervoer, is ontvang. Die Valke het ‘n operasie geloods en met deursoeking die kokaïen in die stilstaande vragmotor by die industriële park gekry.
Mhlongo sê ‘n verklaring is van die vragmotorbestuurder geneem, maar nog geen arrestasies is gemaak nie.
Die ondersoek duur voort.





