Beskuldigde vir kindermishandeling 18 mde. tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ondersoekbeampte SAPD

NOORD-KAAP. – Oleseng Rooi (18) is deur die Kakamas-landdroshof vir 18 mde. tronk toe gestuur, nadat hy ‘n seun (9) met ‘n elektriese koord aangerand het.

Sers. Omphile Masegela sê die seun het op die betrokke dag saam met vriende naby hulle huis gespeel. Rooi het vir die seun gevra wat hy doen en hom daarna met ‘n elektriese koord aangerand. Die seun het na sy ma toe gehardloop en vir haar gesê wat gebeur het. Sy het die aanranding weens die aard van die beserings by die polisie aangemeld. Die verdagte het op vlug geslaan, maar is twee dae later in hegtenis geneem en van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aangekla.

Rooi is deur die hof skuldig bevind en gevonnis.

Die polisie het die vonnis verwelkom. Sers. Derick Dippenaar is vir die suksesvolle afhandeling van die saak en vonnis geprys.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief