Brekende Nuus
Afrikaans

Beskuldigdes in Meyiwa-saak het gesê Kelly Khumalo het huurmoord gereël

Daar was ook boodskappe tussen Khumalo en haar suster waarin sy gesê het sy haat Meyiwa en was spyt sy het nie in 2013 ontslae geraak van hom nie.

Beskuldigdes in Meyiwa-saak het gesê Kelly Khumalo het huurmoord gereël

fotokrediet: Skermgreep
Beskuldigdes in Meyiwa-saak het gesê Kelly Khumalo het huurmoord gereël fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak het glo wapens aan huurmoordenaars verkoop

PRETORIA. – Die hoofondersoeker in die Senzo Meyiwa-moordsaak het die hof in die verhoor binne ‘n verhoor meegedeel twee van die beskuldigdes het gesê Kelly Khumalo is die een wat sy moord gereël het.

Brig. Bongani Gininda het getuig Muzikawukhulelwa Sibiya en Bongani Sandiso Ntanzi het in hulle skulderkennings gesê Khumalo het sy moord gereël.

Gininda het gesê daar was bewyse Khumalo was in kontak met die beskuldigdes, Mncube en Ntuli. Sy het glo minstens vier selfoonnommers gehad wat sy vir die polisie weggesteek het. ‘n Selfoonkenner het foto’s op een van haar fone gekry van ’n deurskynende sak met geld in, dieselfde sak wat Mncube gehad het.

Daar was ook boodskappe tussen Khumalo en haar suster waarin sy gesê het sy haat Meyiwa en was spyt sy het nie in 2013 ontslae geraak van hom nie.

Gininda het ook gesê sy het nooit die noodnommers gebel na Meyiwa se moord nie.

Sy het ook soos die beskuldigdes ’n toordokter besoek voor en na Meyiwa se dood. Meyiwa is in 2014 in Khumalo se huis doodgeskiet.

Bronne: IOL, Briefly, EWN

Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak het glo wapens aan huurmoordenaars verkoop