Beskuldigdes in moord op e-taxibestuurder bly agter tralies

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname gedeel deur South Africa Crime update channel - Facebookblad

GAUTENG. – Goitsione Machidi (25), McClaren Mushwana (30) en Thabang Kenneth Mothwa (27) se aansoek om borgtog is deur die Pretoria-landdroshof van die hand gewys. Hulle is aangekla van die voorafbeplande moord op ’n e-taxibestuurder en roof met verswarende omstandighede.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, het gesê die staat het die borgtogaansoek sterk teengestaan en aangevoer dat die beskuldigdes se vrylating die publiek se vertroue in die regstelsel kan ondermyn. Die drie staan saam met nog drie beskuldigdes tereg vir die moord op die 23-jarige Isaac Satlat in Atteridgeville op 11 Februarie. Die ander beskuldigdes – Dikeledi Tears Mphela (24), Tumishang Mogau Mabutla (23) en Ofentse Senwamadi (18) – het reeds met ‘n vroeër hofverskyning hul borgtogaansoeke laat vaar. Volgens beweringe het die groep saamgespan om die slagoffer van sy selfoon en voertuig te beroof.

Polisie-ondersoeke het daartoe gelei dat al ses verdagtes in Februarie op verskillende tye in hegtenis geneem is. Hoewel almal aanvanklik nie vir borgtog aansoek gedoen het nie, het Machidi, Mushwana en Mothwa later besluit om wel aansoek te doen en beweer die staat se saak teen hulle is swak. Chris Maruma, aanklaer vir die staat, het egter volgehou dat die aanklagte ernstig is en dat hul vrylating openbare orde kan versteur. Mothwa het reeds ’n hangende saak in die Cullinan-landdroshof wat verband hou met die besit van ’n gesteelde voertuig.

Die landdros het uiteindelik beslis dat daar ’n sterk prima facie-saak teen die drie bestaan en dat hulle nie buitengewone omstandighede kon aantoon om borgtog te regverdig nie. Die saak is vir verdere ondersoek tot 1 September 2026 vir verdere ondersoek uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief