Beskuldigdes vir ‘matrieksertifikaatbedrog’ in hof

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – Dimakatso Papo (30) en Lebohang Mokgadi (24) is Donderdag deur die Valke vir beweerde matrieksertifikaatbedrog in Johannesburg gearresteer. Beide is Maandag deur die Johannesburg-landdroshof op borg vrygelaat.

Lt.kol. Lloyd Ramovha van die Valke sê ‘n oplettende polisiebeampte het verdagte optrede by ‘n internetkafee in Sentraal-Johannesburg opgemerk. Die beskuldigdes was glo besig om die resultate op ‘n matrieksertifikaat van 2014 te verander. Die verandering is gemaak om ‘n universiteitstoelatingskwalifikasie te weerspieël.

Ramovha bevestig daar is vir verdere ondersoek op elektroniese toerusting en ‘n selfoon beslag gelê. Die beskuldigdes is elk borg van R500 toegestaan. Die saak is vir die verdere ondersoek tot 7 April uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief