Brekende Nuus
Afrikaans

Besluit oor Zandile Mafe se verhoor uitgestel

Mafe is in hegtenis geneem vir die brand van die parlementsgebou in Januarie 2022.

Besluit oor Zandile Mafe se verhoor uitgestel
Besluit oor Zandile Mafe se verhoor uitgestel fotokrediet: Twitter

Lees ook: Zandile Mafe dreig regters in die hof

KAAPSTAD. – Die besluit oor of Zandile Mafe verhoor kan word vir die brandstigting by die parlement, is tot Desember uitgestel.

’n Twee dae ondersoek is in die Kaapstadse hooggeregshof gehou om te besluit of Mafe verhoor kan word. Mafe is al twee keer psigiatries geassesseer en albei kere is bevind hy is nie bevoeg om verhoor te word nie.

Mafe se regspan staan die assesserings teen en voer aan Mafe is bevoeg om verhoor te word. Mafe is in hegtenis geneem vir die brand van die parlementsgebou in Januarie 2022.

Die saak is tot 11 Desember uitgestel.

Bronne: SABC, News24, The Africa

Lees ook: Zandile Mafe dreig regters in die hof