Bester-Magudumana-aansoek tot môre uitgestel

Lees ook :

Thabo Bester en Nandipha Magudumana in hof oor Netflix-reeks fotokrediet: X

PRETORIA. – Thabo Bester en Nandipha Magudumana se aansoek vir ‘n interdik om die Netflix-reeks, The Beauty and the Bester, te keer, is tot môre uitgestel.

Lees ook: Thabo Bester en Nandipha Magudumana in hof oor Netflix-reeks

Die paar was vandag in die Pretoria-hooggeregshof om ‘n interdik te kry om te keer dat die reeks môre uitgesaai word.

Bester se prokureur het gesê die reeks bevat vals inligting wat sy regte oortree en sy verhoor gaan beïnvloed. Magudumana se prokureurs het gesê die kontrak wat sy geteken het om toe te laat dat haar argiefmateriaal gebruik word, is ongeldig.

Volgens Netflix se prokureurs is die inligting in die reeks in openbare inligting. Die prokureurs het ook gesê Magudumana het geld ontvang vir die gebruik van haar argiefmateriaal en dat sy die terme van die kontrak verkeerd interpreteer.

Bronne: SABC News, Jacaranda FM, EWN

Lees ook: Thabo Bester en Nandipha Magudumana in hof oor Netflix-reeks

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief