PRETORIA. – Thabo Bester en Nandipha Magudumana is vandag weer in die hof om ‘n interdik te kry om die Netflix-reeks Beauty and the Bester te keer.
Lees ook: Thabo Bester probeer hofbevel kry om nuwe Netflix-reeks te keer
Die twee sal vandag in die Pretoria-hooggeregshof verskyn om ‘n interdik te kry om te keer dat die reeks môre uitgesaai word. Bester en Magudumanna het gesê die reeks bevat lasterlike inligting.
Volgens Bester se prokureur wil hulle hê die hof moet Netflix permanent daarvan weerhou om die reeks vry te stel, uit te saai of sonder sy toestemming te adverteer.
Bester het voorheen gesê hy wil hê die reeks moet gestop word omdat dit sy verhoor gaan beïnvloed en sy regte oortree.
Bronne: SABC, EWN, eNCA
Lees ook: Thabo Bester probeer hofbevel kry om nuwe Netflix-reeks te keer





