WES-KAAP. – ‘n Motor het Dinsdag in Zandvlei, by Fisherman’s Quay, by die Lakeside-marina in die water beland.
Volgens Arrive Alive is die motor teen die skuinste af, maar niemand het beserings opgedoen nie.
Die voertuig is uit die water gehaal en plaaslike owerhede was op die toneel vir hulp en om ondersoek in te stel.