Bestuurder ernstig beseer in omgeslaande vragmotor vasgekeer

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder van ‘n vragmotor is vanoggend (Woensdag) vasgekeer en ernstig beseer toe die vragmotor en nog ‘n motor op die M4 Southern Freeway, in ‘n suidelike rigting naby Merebank, in ‘n ernstige ongeluk betrokke was.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens het net na 10:30 op verskeie oproepe oor die ongeluk reageer. ‘n Vragmotor is op die toneel op sy dak aangetref met die bestuurder wat vasgekeer was. Die Ethekweni-brandweer en Redline Rescue is onmiddellik ontbied om bystand te verleen. Terwyl reddingswerkers gewerk het om die vasgekeerde los te sny, het gevorderde lewensondersteuningsparamedici die man gestabiliseer. Nadat hy bevry is, is hy vir verdere behandeling met ‘n ambulans na die Ahmed Al-Kadi- privaat hospitaal vervoer.

Twee insittendes van die ander voertuig het matige beserings opgedoen en is ook op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere sorg na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Jamieson sê die M4 Southern Freeway was by die Merebank-afrit gesluit om opruimingswerk te doen.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die SAPD was op die toneel en sal die voorval verder ondersoek.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief