LIMPOPO. – Die liggaam van ‘n bestuurder is Saterdag in Tarentaal, Letsitele, langs die lughawe, uitgebrand in ‘n dubbelkajuit Isuzu-bakkie ontdek.
Lt.kol. Stephen Thakeng sê die polisie het omstreeks 11:00 ‘n klagte voor die uitgebrande bakkie langs die lughawe ontvang, waarna die grusame ontdekking van die liggaam in die bestuurdersitplek gemaak is. Die bestuurder is dood verklaar. Die bestuurder en die bakkie se besonderhede is onbekend.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.
Enigiemand wat inligting het om die oorledene of sy naasbestaandes te identifiseer, kan speur. sers. Matome Machethe by 082 757 7555 bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: