Brekende Nuus
Afrikaans

Bestuurder kritiek na vragmotor van brug af is

'n Man is Sondagoggend kritiek beseer toe die vragmotor wat hy bestuur het van 'n brug se ry-oppervlak na benede geval het.

Vragmotorbestuurder kritiek na val van brug
Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is Sondagoggend kritiek beseer toe die vragmotor wat hy bestuur het van ‘n brug op die N3 by die Lionsriver-afrit af is.

Midlands EMS sê Howick se bemanning en lewensondersteunende paramedici is na die toneel gestuur. Met aankoms is gevind die vragmotor het van die brug na onder geval.

Die bestuurder was kritiek beseer en het dringende gevorderde lewensondersteunende behandeling vereis. Hy is na ‘n vlak 1-traumahospitaal vervoer.

Owerhede was op die toneel teenwoordig.

Bron: Midlands EMS