Bestuurder rol voertuig toe by hom steek

Lees ook :

Foto: Mi7 National Group

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bestuurder het Donderdag in Reginastraat in die Northdale-area beheer verloor toe ‘n by hom steek en sy voertuig gerol het.

Mi7 National Group sê oproepe is omstreeks 13:00 van die ongeluk ontvang. Met aankoms het die bestuurder aan die kant van die pad gelê. Volgens hom het ‘n by by die venster ingevlieg en hom op die arm gesteek. Hy het beheer oor die voertuig verloor en dit het gerol. Hy het met behulp van omstanders uit die wrak geklim nadat hy ‘n ruit uitgeskop het.

Die beseerde man is deur paramedici gestabiliseer voordat hy vir verdere behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief