Bestuurder sterf toe vraghouer op kajuit beland

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics en KZNVIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vragmotorbestuurder, vermoedelik in sy 40’s, het Maandagmiddag gesterf toe ‘n vraghouer op die sleepwa van ‘n vragmotor losgekom en op die kajuit beland het.

ALS Paramedics en KZNVIP Medics was op die toneel op die Northcoastpad en die Victorpad-interseksie in die noorde van Durban.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens het net voor 16:00 oproepe vir hulp ontvang. Die houer het die bestuurder in die kajuit verbrysel en hy is op die toneel dood verklaar.

“Die Ethekweni-brandweer is ontbied om te help om die bestuurder te bevry.”

KZNVIP Medics is deur verbygaande motoriste na die ongeluk ontbied. Die diens sê omstanders wat die ongeluk gesien gebeur het, was te getraumatiseer om op die insident kommentaar te lewer.

Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, word deur die polisie en metropolisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief