KWAZULU-NATAL. – ‘n Insleepdiensbestuurder is Sondag kritiek beseer op die N2 by Shakas Rock toe hy die slagoffer van ‘n sekondêre ongeluk was.
Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die ongeluk is aangemeld. Met aankoms op die toneel het paramedici verskeie insleepdienste op die toneel van ‘n ongeluk op die N2 aangetref. ‘n Aankomende voertuig het nie snelheid verminder nie en in een van die insleepvoertuie en die bestuurder vasgery.
Die bestuurder van die insleepvoertuig is kritiek beseer en in die sorg van IPSS Medical Rescue se gevorderde lewensondersteunende paramedici na ‘n hospitaal vervoer.
Meyrick sê hierdie is die derde voorval in vier maande waar ‘n insleepdiensbestuurder kritiek beseer of selfs dood is in ‘n sekondêre ongeluk.
“We urge drivers to be vigilant on the roads, drive responsibly and slow down when approaching accident scenes to protect our first responders.”





