OOS-KAAP. – ‘n Gesamentlike projek om die probleem van drinkery onder minderjariges en die gevolge daarvan aan te spreek, is Donderdag by die Mthatha-vaardigheidssentrum begin.
Kapt. Welile Matyolo sê die polisie en rolspelers soos sekuriteitsdienste, die departement van onderwys en die drankraad van die provinsie, het saamgespan. Die projek is geloods om die gesondheid van kinders wat gereeld in kroeë uithang en riskante gedrag in die geselskap van ouer individue openbaar, die hoof te bied.
“Hierdie gesamentlike onderneming is ‘n holistiese benadering om die hoofoorsake van minderjarige drinkery aan te spreek.”
Daar is tot die slotsom gekom indien daar reeds vroeg in die jeug se lewens ingegryp word en hulle ondersteuning kry, kan misdade waarvan hulle gereeld slagoffers is, soos verkragting, swangerskap en moord, voorkom word.
Matyolo sê tydens samespreking het ‘n skoolhoof vertel hoe leerders drank en dwelms skool toe bring, maar omdat daar ‘n goeie verhouding met die polisie is, word dit vinnig en effektief hanteer. Sekuriteitsdienste het dieselfde ondervinding gedeel en sê dronk kinders word gereeld in die oggend in strate gevind en aan mishandeling blootgestel. Die onderwysdepartement het leerders versoek om op hul skoolopvoeding te fokus en by skoolaktiwiteite betrokke te raak om hulle lewens te verbeter. Op hul beurt het die drankraad gereelde inspeksies by drankpersele en samewerking met die polisie bevestig.
Die polisie het hul rol verduidelik wanneer kinders in konflik met die wet is, en ouers gewaarsku oor hulle verantwoordelikheid om kinders in die regte rigting te stuur.
Die onderskeie rolspelers het beloof om saam ‘n veiliger omgewing vir die jeug te skep.
“As we continue to prioritize the well-being of our youth, initiatives like this joint venture highlight the power of community collaboration in addressing complex social issues. The success of this initiative serves as a model for other communities facing similar challenges across the province.”





