KWAZULU-NATAL. – ‘n Taxibestuurder wat na bewering besope was, het Saterdag eers met ‘n VW Polo gebots voordat dit op ‘n muur in, Tottenhamstraat in Parkgate, beland het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê dié diens het hulle omstreeks 16:44 na die toneel gehaas. Die toneel is aan die SAPD oorhandig.
Die bestuurder is nie beseer nie en was ten tyde van die voorval alleen in die taxi.





