Betogings in Frankryk nadat nuwe eerste minister ingesweer is

Lees ook :

Betogings in Frankryk nadat nuwe eerste minister ingesweer is fotokrediet: X

FRANKRYK. – Betogings gelei deur die beweging “Kom ons blok alles” het gister in Frankryk uitgebreek teen die politieke klas en voorgestelde begrotingsbesnoeiings. Die betogings het begin op dieselfde dag as wat die nuwe eerste minister, Sébastien Lecornu, ingesweer is. Dit is die land se vyfde eerste minister in minder as twee jaar.

Lees ook: Trump-bondgenoot doodgeskiet terwyl hy oor vuurwapengeweld praat

Betogers het in Parys, Marseille, Bordeaux en Montpellier bymekaargekom om te betoog teen die voormalige eerste minister, Francois Bayrou, se begrotingsvoorstelle. Die betogers wil meer beleggings in openbare dienste hê, meer belasting vir verdieners van hoë inkomste, rente wat gevries word en die bedanking van president Emmanuel Macron.

Sowat 250 mense is in hegtenis geneem tydens die betogings waarin paaie blokkeer is, vullisdromme aan die brand gesteek is en toegang tot infrastruktuur en skole geblokkeer is.

Bronne: BBC, CNN, CNBC

Lees ook: Trump-bondgenoot doodgeskiet terwyl hy oor vuurwapengeweld praat

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief