Brekende Nuus
Afrikaans

Ten minste ses Libanese dood in Israeliese aanval in Beiroet

Ten minste ses Libanese dood in Israeliese aanval in Beiroet
fotokrediet: Canva
Ten minste ses Libanese dood in Israeliese aanval in Beiroet fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran val Israel aan, Israel sweer weerwraak

BEIROET. – Ses Libanese is vanoggend dood in ‘n Israeliese lugaanval op Beiroet. Sewe persone is in die aanval gewond. Die lugaanval het ‘n gebou naby die parlement geteiken.

Drie missiele is ook deur die Israel-weermag op die suidelike voorstad, Dahiyeh, waar Hezbollah-leier Hassan Nasrallah verlede week gedood is, gevuur.

Dit volg na Israel sy eerste militêre verliese gely het toe agt Israeliese soldate dood is in ‘n aanslag op Hezbollah in die suide van Libanon.

Bronne: The Independent, CNN, SABC News

Lees ook: Iran val Israel aan, Israel sweer weerwraak