Beurtkrag benadeel jou geestesgesondheid

Lees ook :

Beurtkrag het 'n slegte invloed op jou gesstesgesondheid. Foto ter illustrasie: Canva

Beurtkrag is nie ’n nuwe tendens nie. Wat wel nuut is, en al hoe meer algemeen raak, is die afname van goeie geestesgesondheid as gevolg daarvan. Baie Suid-Afrikaners voel hoe hulle moed saam met die elektrisiteitsvoorsiening sak.

Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-Angsgroep (Sadag) het in Januarie 2023 navorsing oor die impak wat beurtkrag op mense se geestesgesondheid het, gedoen.

Hulle het bevind individue se angs- en stresvlakke verhoog, familieverhoudings word onder druk geplaas en meeste individue worstel met ’n gevoel van hulpeloosheid.

Casey Chambers van Sadag meen Suid-Afrikaners voel hulle het nie meer beheer oor hulle lewe nie. Werkverwante probleme soos batterye wat gelaai moet word, wisselvallige internettoegang en ’n gesukkel om by die werk uit te kom, was van die aspekte wat in die navorsing aangeraak is.

Gesondheidskwessies raak meer uitdagend. Indien ’n familielid byvoorbeeld aan ’n suurstoftoestel gekoppel is, kan beurtkrag letterlik tot ’n lewe-of-dood-situasie lei.  

Baie individue het tydens die navorsing gesê onbeplande beurtkrag en die onbepaalde verlenging daarvan lei tot paniek.

Indien jy of iemand wat jy ken met angs of depressie as gevolg van beurtkrag sukkel, maak ’n afspraak by jou naaste dokter of sielkundige vir professionele mediese hulp.

Bronne: Business Live, Daily Maverick, Sunday World

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief