Beweerde mensehandelaars in Kimberley in hegtenis

Lees ook :

Beweerde mensehandelaars in hegtenis geneem in Kimberley
Beweerde mensehandelaars in hegtenis geneem in Kimberley fotokrediet: Canva

Lees ook: Vrou (73) met steekwonde gevind

KIMBERLEY. – Twee beweerde mensehandelaars is in Kimberley in hegtenis geneem na hulle met 14 kinders gesien is.

Die twee verdagtes van Zimbabwe, ’n man (46) en vrou (41), is in Kimberley in hegtenis geneem na hulle met 14 ongedokumenteerde kinders, tussen 6 en 14 jaar oud, gesien is.

Hulle was op pad van Midrand na Kaapstad toe die bus in Kimberley stilhou.

’n Passasier het die polisie gebel. Die verdagtes het gesê hulle vergesel die kinders na hulle ouers in Kaapstad. Die polisie kon nie die inligting verifieer nie en die verdagtes is in hegtenis geneem.

Die kinders het glo vuil gelyk en het geen ekstra klere of bagasie gehad nie. Hulle het ook honger gelyk. Maatskaplike dienste het die kinders na ’n veilige plek geneem.

Bronne: SAPD

Lees ook: Vrou (73) met steekwonde gevind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief