Lees ook: Jong man wat soos Nick Frischke lyk laat hoop opvlam
ARLINGTON. – Die liggaam van ’n vrou (73) is gister met steekwonde in haar huis gevind.
‘n Vrou wat op dieselfde erf as die vermoorde vrou huur, was glo bekommerd na sy haar Sondag laas gesien het. Die vrou het glo die venster gebreek om toegang tot die huis te kry. Sy het die 73-jarige vrou se liggaam in haar bed toegemaak met ’n kombers gekry. Daar was steekwonde aan die vrou se liggaam.
Die rede vir die moord is onbekend en geen verdagtes is geïdentifiseer nie.
Die polisie is besig om die moord te ondersoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: Jong man wat soos Nick Frischke lyk laat hoop opvlam





