VRYSTAAT. – ‘n Beweerde motordief (37) vir wie ‘n arrestasie-lasbrief uitgereik is, omdat hy glo van die polisie gevlug het, is Dinsdag deur die polisie in Welkom vasgetrek.
Kapt. Stephen Thankeng sê die verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van van motordiefstal en bedrog vir ‘n saak wat in September 2023 op Virginia aanhangig gemaak is.
Thakeng sê polisielede het inligting ontvang waarna hulle na ‘n huis in Leipoldtstraat is. Die eienaar was glo van die polisie bewus, maar het hulle geïgnoreer. Polisielede het oor ‘n palissade gespring om toegang te verkry, waarna die gesoekte verdagte in hegtenis geneem is. Hy het in die Virginia-landdroshof verskyn.





