Polisielede het ’n oproep ontvang oor ’n bewustelose man op die hoek van Cartersweg en Pickeringlaan.
’n Ambulans is dadelik ontbied en die polisie het die man te hulp gesnel. Die provinsiale ambulansdienste het die man op die toneel gestabiliseer.
’n Polisielid op die toneel het aan FiND iT bevestig die man het ’n epileptiese aanval gehad. Die man is na die hospitaal geneem.