Brekende Nuus
Afrikaans

Bibberweer oor hele land duur voort

Koue fronte vir die week voorspel

fotokrediet: Skermgreep
Koue fronte vir die week voorspel fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Andrew Tate se voertuie gekonfiskeer na nuwe aantygings

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het koue fronte vir die week voorspel. Verskeie weerwaarskuwings is uitgereik.

Die eerste koue front sal na verwagting vandag die Wes-Kaap en Noord-Kaap tref en Woensdag na die Oos-Kaap versprei en tot Donderdag aanhou. Nog ’n koue front sal Gauteng na verwagting teen Vryda tref.

Sneeu is vir dele van die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap voorspel.

’n Oranje vlak 6-waarskuwing is vir Hondeklipbaai, Strandfontein, Tafelbaai, Kaap Agulhas, Stilbaai, Plettenbergbaai, Kaap St Francis, Kaap Padrone, Ngqushwa, The Haven en Port St Johns uitgereik vir erge deinings.

Nog ’n oranje vlak 6-waarskuwing vir erge wind is uitgereik vir Joubertina, Willowmore, Somerset-Oos, Cradock en Tarkastad.

Fauresmith, Griekwastad, VanWyksVlei, Wepener, De Aar, Calvinia, Beaufort-Wes, Prince Albert, Sutherland en Laingsburg kry ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir erge wind.

Kaapstad, Ceres, Redelingshuys, Sederberg, Stellenbosch, Malmesbury, Langebaan en Clanwilliam moet erge reën met ‘n geel vlak 2-waarskuwing te wagte wees.

Bronne: eNCA, The Citizen, SAWS

Lees ook: Andrew Tate se voertuie gekonfiskeer na nuwe aantygings