Bill Clinton getuig oor Jeffrey Epstein

Lees ook :

VSA. – Reeds in sy openingsverklaring het die voormalige president, Bill Clinton, homself van enige skuld onthef. Hy het gesê: “Ek het niks gesien nie en niks verkeerd gedoen nie.”

Volgens BBC News is foto’s van Clinton in die Epstein-lêers gepubliseer. Clinton het wel voorheen erken dat hy reise op Epstein se private vliegtuig onderneem het. Hy het egter ontken dat hy enige kennis gehad het van Epstein se kriminele aktiwiteite. “Ek sou hom self aangemeld het as ek geweet het,” het Clinton gesê.

Die voormalige president is ook ondervra oor Donald Trump se verhouding met Epstein. Clinton gesê het dat hy geen kennis het van Trump se betrokkenheid by Epstein se onwettige bedrywighede nie. Nietemin het die Huis-Demokrate gevoel dat sy getuienis “bykomende inligting” oor Trump na vore gebring het. Dit het hernude oproepe om die huidige president vir ondervraging in te roep, tot gevolg gehad.

Beide Demokratiese en Republikeinse wetgewers het elk ’n uur se ondervraging gehad, waarna hulle gesê het dat Clinton saamwerk en deursigtig is.

Daar is geen aanduiding dat verskyning in die Epstein-dokumente op enige verkeerde dade dui nie.

Die voorsitter van die Toesighoudende Komitee, James Comer, sê die komitee is “toegewy aan die vind van antwoorde,” en sal daarom voorgaan om die waarheid te soek.

Lees ook: Duisende Epstein-dokumente vrygestel:

https://nuusflits.com/duisende-epstein-dokumente-vrygestel/

Bron: BBC News, Sky News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief