VSA. – Duisende dokumente en foto’s wat verband hou met Jeffrey Epstein is vrygestel.
Lees ook: ID van SA-vrou tussen Jeffrey Epstein se boedelitems
Die Amerikaanse adjunkprokureur-generaal, Todd Blanche, het gesê meer as 1 200 slagoffers en hulle familielede is geïdentifiseer en materiaal wat hulle kan identifiseer, is weerhou.
Verskeie bekendes kom voor in van die Epstein-foto’s, insluitend Bill Clinton, Michael Jackson, Mick Jagger, Andrew Mountbatten Windsor, Diana Ross en Peter Mendelsohn. Owerhede het mense herinner dat die foto’s nie bewys dat enigiemand beskuldig word van iets verkeerds nie.
Demokrate het gekla omdat sommige inligting weerhou is en het gesê dit oortree die Epstein Files Transparency-wet. Die wet het voorsiening gemaak vir die weerhou van dokumente wat die slagoffers identifiseer of deel is van ‘n oop ondersoek.
Bronne: BBC, CNN, NBC News
Lees ook: ID van SA-vrou tussen Jeffrey Epstein se boedelitems





