Bill Gates wil 99% van geld weggee teen 2045

Lees ook :

Bill Gates wil 99% van geld weggee teen 2045 fotokrediet: X

VSA. – Bill Gates het gesê hy is van plan om 99% van sy geld deur sy stigting teen 2045 weg te gee. Hy wil die Gates Foundation in 2045 sluit.

Lees ook: Verslag oor vliegtuigongeluk bevind deurmekaar vlieënier veroorsaak brand

Gates het gesê: “Mense sal baie dinge oor my kan sê wanneer ek doodgaan, maar ek is vasbeslote dat ‘hy is ryk dood’ nie een van hulle kan wees nie.

Hy het gesê die drie hoofdoelstellings van sy stigting is om ontslae te raak van voorkombare siektes wat ma’s en kinders doodmaak, ontslae te raak van oordraagbare siektes, insluitend malaria en masels, en om armoede vir miljoene mense te stop.

Gates het die VSA, VK en Frankryk gekritiseer vir die sny van hulle buitelandsehulp-begrotings. Hy het ook Elon Musk daarvan beskuldig dat hy miljoene kinders gaan “doodmaak” oor die opskorting aan befondsing deur die VSA. Gates het gesê die “prentjie van die rykste man in die wêreld wat kinders doodmaak is nie ‘n mooi een nie”.

Bronne: BBC, CNBC, Daily Mail

Lees ook: Verslag oor vliegtuigongeluk bevind deurmekaar vlieënier veroorsaak brand

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief