Verslag oor vliegtuigongeluk bevind deurmekaar vlieënier veroorsaak brand

Lees ook :

Verslag oor vliegtuigongeluk bevind vlieënier het brand veroorsaak toe hy deurmekaarraak fotokrediet: X

GATWICK. – ’n Verslag oor ’n vliegtuigongeluk in Gatwick verlede jaar in Junie het bevind die vlieënier het die brand veroorsaak na hy hom misgis het met sy linker-en regterhand tydens opstyging.

Lees ook: United Airlines-vliegtuie se vlerke raak mekaar op lughawe

Volgens die Air Accidents Investigation Branch het die vlieënier tydens opstyging “per ongeluk” ’n hefboom met sy linkerhand beweeg toe hy veronderstel was om ’n hefboom met sy regterhand te beweeg.

Dit het die vliegtuig se stukrag verminder op ’n tydstip wat die vliegtuig moes opstyg. Die vlieënier het toe vir ’n oomblik weer die vliegtuig laat versnel, maar die remme het aan die brand geraak en die vliegtuig moes ’n “hoëspoednoodstop” uitvoer.

Volgens die verslag was die vlieënier net terug van verlof af toe die voorval plaasgevind het en kon hy nie verduidelik wat veroorsaak het dat hy deurmekaargeraak het nie.

Bronne: Daily Mail, BBC, The Independent

Lees ook: United Airlines-vliegtuie se vlerke raak mekaar op lughawe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief