Billy Joel (76), bekend vir Uptown Girl, We Didn’t Start The Fire en Piano Man, moes sy toer na Noord-Amerika en Ierland kanselleer ná hy met ’n skaars breintoestand gediagnoseer is.
Lees ook: Voormalige akteur van ‘Grey’s Anatomy’ Eric Dane het ALS
Hy is met Normal Pressure Hydrocephalus (NPH) gediagnoseer, wat vloeistof in die brein laat opbou en probleme met sig, gehoor en balans veroorsaak.
Volgens ’n verklaring wat namens hom uitgereik is, is Joel se siekte “vererger deur onlangse konsertoptredes wat gelei het tot probleme met sy sig, gehoor en balans.” Verder lui die verklaring: “Op sy dokter se opdragte ondergaan Billy spesifieke fisiese terapie en is gesê om nie tydens sy hersteltyd op te tree nie. Billy is dankbaar vir uitstekende sorg wat hy ontvang en is ten volle daaraan toegewy om sy gesondheid te prioritiseer”.
Bronne: BBC, The Independent, Rolling Stone
Lees ook: Voormalige akteur van ‘Grey’s Anatomy’ Eric Dane het ALS





