Brekende Nuus
Afrikaans

Voormalige akteur van ‘Grey’s Anatomy’ Eric Dane het ALS

Voormalige akteur van 'Grey’s Anatomy' Eric Dane het MS

fotokrediet: X
Voormalige akteur van 'Grey’s Anatomy' Eric Dane het MS fotokrediet: X

VSA. – Eric Dane (52), die voormalige Grey’s Anatomy-akteur, het aangekondig hy ly aan ALS, maar sal aanhou werk.

Lees ook: Bom ontplof in Athene na anonieme oproep

Hy het in ’n onderhoud met People bevestig hy het ALS, ’n siekte wat die senuweestelsel wat spiere in die liggaam beheer, aanval en dit later moeilik maak om te loop, praat en asemhaal.

Hy het gesê hy sal aanhou werk aan die televisiereeks Euphoria, maar het gevra vir privaatheid vir hom en sy familie in dié tyd.

Dane is getroud met die aktrise, Rebecca Gayheart, en hulle het twee kinders.

Daar is geen kuur vir ALS nie en in die meeste gevalle sterf lyers tussen drie tot vyf jaar na die diagnose.

Bronne: The Independent, BBC, US News

Lees ook: Bom ontplof in Athene na anonieme oproep