Lees ook: Kind vermis ter see by Hermanus
Die departement van binnelandse sake het aangekondig hulle is van plan om die groen ID-boekie ongeldig te maak.
Volgens The South African het die minister, Aaron Motsoaledi, Suid-Afrikaners aangemoedig om so gou as moontlik die “smart ID-kaart” te kry.
Motsoaledi het gesê daar sal binnekort ‘n aankondiging wees dat die groen ID-boekie ongeldig gaan wees.
Die “smart ID-kaart” het ‘n microchip met die burger se data, insluitend biometriese data, en het kenmerke wat dit moeilik maak vir bedrieërs om ID’s te vervals.
Bronne: My Broadband, Bulwayo24 News, The South African
Lees ook: Kind vermis ter see by Hermanus